top of page

WELKOM BY
DIE BEGIN VAN ONS EENHEID
 
Hier begin ons lewe saam...

WhatsApp Image 2024-07-21 at 20.05.43 (51).jpeg
WhatsApp Image 2024-07-21 at 20.05.43 (36).jpeg

ONS STORIE
 

Ons liefdesverhaal het begin op 'n normale lente-aand op 29 Oktober 2020.

 

Deur 'n gemeenskaplike vriend het ons paaie gekruis, sonder om te weet dis die begin van ons verewig.   Die aand het nie verloop soos enige ander romantiese aand veronderstel was nie.   My hardkoppigheid en selfstandigheid het my net nie toegelaat dat hierdie man sy neus in my lewe kom inwoeker nie.  Hy het my siel uitgetrek, grappe gemaak en sarkasme was sy sterk punt vir die aand.   ‘n Argument het ontstaan oor hoe ons albei tot by dieselfde bestemming wou ry.  Hy kon nie verstaan wat ek bedoel het met my aanwysings nie en voor jy weer kon sien, sit ons daar in ‘n vurige gesprek en dit was die laaste bietjie strooi, voordat ek die pad wou vat.  Sy goed gemanierdheid, ordentlikheid en respek het hom nie in die steek gelaat nie en ten spyte van ons argument, het hy steeds saam met my kar toe gestap, my gegroet en NIE my nommer gevra nie. Drie dae later kry ek 'n boodskap van 'n vreemde nommer en dadelik weet ek wie dit is. Ons reël toe om 'n week later weer te kuier en dieselfde aand ontmoet ek sy broers en vriende. Soos die aand verby gaan, raak ek stiller en stiller, want hierdie man raak te veel aan my hartsnare. Planne vir die res van die naweek is op almal se lippe en die volgende woorde kom uit Luan se mond..."Boer soek 'n vrou episode 1... Monique, sal jy asb saam met my plaas toe gaan?" Ek skrik, maar sonder twyfel sê ek JA. Ek het nie dadelik besef sy ouers gaan ook daar wees nie, maar hy reken ek kan sommer klaar sy ouers ook ontmoet. Nou ja... die res is geskiedenis.

 

Ons het vining begin agterkom dat daar iets aan die broei was, iets wat ons harte laat gloei. Op 25 April 2021 het hy my gevra om sy meisie te wees en daar het ons liefde vir mekaar net sterker begin word. Ons het mekaar soveel beter leer ken in baie opsigte, die mure van ons harte laat sak en mekaar toegelaat om dieper te kyk.  Ons het saam klippe gekou, maar ook mekaar se harte gevul met onophoudelike liefde, omgee, ondersteuning en net die eenvoud van die lewe saam begin geniet... natuurlik met baie lag daarmee saam.

Die maande het verby gevlieg en ons albei het geweet dat ons vir mekaar bedoel is en beslis 'n leeftyd saam wil wees. Volgens my hou ons vir hom ‘n verrassingsbraai op 19 April 2024, min wetend dat ek die een is wat verras sou word en dat hy alles vooraf reeds beplan het. Daardie aand bars hy 'n ballon,  sak neer op sy knie en vra my om te trou!   Die oomblik waarvoor ek so lank gewag het, het my onverwags gevang en ek besef my grootste droom het waar geword... ek gaan trou met my beste vriend. Soos Pa Sakkie altyd sê..."Doen wat jy moet doen, op die tyd wat jy moet en die res sal volg."

Ons verhouding se fondasie is nie net gebaseer op waardes, respek, toewyding en aanvaarding nie, maar ook op Christelike beginsels, waar ons saam kan kerk toe gaan en ‘n lewe kan bou volgens God se wil en woord.  Die Here het ons vir mekaar gemaak en bymekaar gebring op Sy tyd.

Dankbaarheid oorweldig ons wanneer ons beplan en uistien na ons troudag. Ons kan nie wag om ewige trou aan mekaar te beloof en 'n lewe saam te bou nie. Wanneer jy dit die minste, verwag bekruip die liefde jou en verander jou wêreld.   Soos oom André altyd sê... "Wie nie die liefde het nie... het niks.”

 

#TogetherForeverLudick

LIEFDE BO ALLES
ONS STORIE
Molly 1.png
ONS TROU DAG

ONS TROU DAG

RSVP GESLUIT
Semi-formeel (geen denims) Jammer, geen kinders RSVP asb voor of op 25 September 2024
WANNEER
16 Nov 2024, 15:30
WAAR
Omdraai Farm, Ficksburg, 9730, South Africa
FOTO'S
AANWYSINGS
WhatsApp Image 2024-07-23 at 16.02.10.jpeg

Aanwysings & akkommodasie

Druk op die aanwysings skakel vir die kaart

Akkommodasie

Vir diegene wat nog nie akkommodasie bespreek het nie, hier is paar voorstelle van gastehuise wat julle kan kontak.

Druk asb op die skakels.

Bespreek asseblief vroegtydig julle akkommodasie, aangesien die Kersiefees dieselfde naweek plaasvind. 

GESKENKE

GESKENKE IDEES

Julle teenwoordigheid by ons troue is die grootste geskenk van alles.

Vir diegene wat ons wil vereer met 'n geskenk, waardeer ons julle gebaar.

Bydrae tot ons wittebrood of enige vorm van geskenbewys sal waardeer word.

Julle goedhartigheid beteken baie vir ons. 

Baie dankie!

 

Geskenkidee  

RSVP

KOM DEEL IN ONS LIEFDESFEES

RSVP ASB VOOR OF OP

25  September 2024

#TogetherForeverLudick

© 2024 By Luan and Monique. Powered and secured by Wix

bottom of page